Boere Treat 2022 – Heilbron

Was vir ons ‘n groot vooreg om saam met Boeretreat 2022 te werk om die dag saam te kuier ente geniet. Vermaak is vir ons ‘n passie by LTV Tech, ons het die klank op die terein gedoen vanaf die IVECO trok so gedurende die dag tot laat die gaskunstenaars begin het. Die gemeenskap het als regtig geniet, goeie kos, goeie musiek, iets te drinke vir almal, ja vir my was dit die Koffie waentjie.

So tussen als deur het paar plekke items geborg wat vir goeie pryse opgeveil was, sien die video hieronder en raak betrokke volgende jaar.

Na die kunstenaaes se vertoninghet ons weer oorgevat met die klank in die Groot Tent en die mense het tot laat gedans laat die stof staan.

Sien uit na Boere Treat 2023, sien hieronder waar als begin het en wat die vissie van die spesiaale dag op die kalender van Heilbron en sy gemeenskap.

 

Gholfspelende boere uit die Heilbron-gemeenskap, sowel as ander mede-boere, het die gevoel gedeel dat daar ‘n behoefte bestaan om ‘n ontspanne geleentheid dáár te stel waar almal op gesellige wyse saam kan verkeer. So ontstaan die Boeretreat Gholfdag gedurende 2015. Dit vind uitstekende byval en gaste, maatskappye en kunstenaars word mettertyd – met groot welslae – betrek. Die omvang groei deur die gesproke woord en is deesdae ‘n moet op die jaarkalender. Hierdie geleentheid bied aan almal – oud en jonk, mans en dames, inwoners en besoekers – baie pret en plesier met ‘n boeremark; uitstallers; knutselstalletjies en baie meer. Fondse ge-in word aangewend vir en geskenk aan verskeie kerklike, maatskaplike en ander liefdadigheidsorganisasie in die gemeenskap.

 

ltvstream
ltvstream
Articles: 48

Leave a Reply