Audio & Visual by VS Agri se jaarlikse Trekker en Impliment Veiling 2022

LTV Productions het met trots bygestaan met VS Agri se jaarlikse Trekker en Implement veiling 2022 te Hoërskool Vrede op 20 ste Augustus 2022. Dit het ‘n paar uitdagings gehad waarvan ʼn groot skerm een van dit was. Die veiling is “Hybrid Veiling” gewees wat beteken laat al die Trekkers en Implemente nie na die perseel self toe gekom het nie maar steeds opgeveil word. Kwaliteit foto’s is geneem en al die kopers sal dan met inligting en beeld materiaal ‘n besluit kan maak wat en tot waar hulle ‘n aanbod kan maak.

Die veiling is onder ‘n groot Markies tent gehou, dit is dan moeilik tot feitlik onmoontlik om ‘n gewone goeie kwaliteit projektor te gebruik. Ons het professionele opinie ingeroep om te help en op aanbeveling om ‘n Laser projektor te gebruik. Ons het dinge begin reël en so gemaak. Ons het die Epson EB-L1755U Laser projektor met ʼn 3.66m by 2.74m skerm gebruik. Die beeld is ongelooflik veral met klein letters kan duidelik ook gelees word. Hierdie projektor word gebruik in baie groot applikasies en vertoning. Hierdie applikasie was eenvoudig vir die kwaliteit projektor wat dit is maar nodig om in dit binnekant tent te maak werk.

Ons het ook ons Alto TS315 luidsprekers gebruik tesame met Shure “Headset” en Shure PG 58 koordlose mikrofone. Die kwaliteit klank wat die luidsprekers speel is finominaal vir stem. Met 1000 Watt RMS per luidspreker verwag mens sekerlik goeie klank, maar om ‘n afslaer se stem te kan hanteer was ‘n goeie toets gewees. Weereens het ons gebruik gemaak met ons Behringer XAIR12 digitale klankbord wat ook baie gerieflik maak om van orals die klank te kan hanteer en verstel vanaf die Tablet of foon.

Na afloop van die veiling het gaskunstenaar Chris Else almal kom vermaak met sy uiterste talentvolle stem en kitaar. Met sy aankoms het ons hom opsie gebied om ons sisteem te gebruik indien hy nie sy eie sisteem wou opslaan nie. Hy het ook dan ingestem en het ons sisteem gebruik, weereens het die AltoTS315 puik geklink en Chris Else was ook baie tevrede. Chris Else self was regtig puik gewees, ek sal hom regtig aanbeveel vir enige funksie, sy talent is ook fenomenaal en sy verhoog persoonlikheid is van die beste waarmee ons al te doen gehad het. Sien sy besonderhede ook hieronder.

Na afloop van Chris Else se vermaak het ons lekker musiek gespeel tot almal bietjie hutte gaan soek het na ‘n lang yskoue stormsterk winderige dag. VS Agri het vir ons verblyf gereël by die Vrede Hotel, ons is gereelde kliënte van Vrede Hotel se restaurant. Wanneer ons gaar kom of naby verby mis ons nooit uit op hulle Lam Currie gereg nie. Ek (Johan Bosman) is baie lief vir Indiese kosse en waar ek kan eet en bestel en lam curie regoor die land, en Vrede Hotel se Lam curie is definitief die beste in die land.  Ons het die lam curie baie geniet en kon nie wag om klaar te maak en te kon eet nie. Voorwaar weer heerlik en smaaklik gewees.

Die Hotel kamer is top klas, lekker warm stort na ‘n lang dag met warm sjokolade voodat ons in die bed in kruip. Ons het ‘n baie goeie nagrus gehad. Die ontbyt was tussen 7 en 8 uur die oggend bedien, weereens was dit heerlik met lekker filter koffie wat ons die krag gegee om veilig huiswaarts te keer.

Dankie VS Agri laat julle ons weer gebruik het en almal en als wat saam gewerk het en ondersteun het laat als goed verloop het.

VS Agri Vrede – 058 913 1020 Vereeniging – 016 970 8900

Chris Else bookings@coleskeartists.co.za / 082 323 4949

Vrede Hotel vredehotel@gmail.com / +27 58-913-3637

Epson EB-L1755U Laser projektor

Alto TS315 Luidspreker

Behringer XAIR12 digitale klankbord



ltvstream
ltvstream
Articles: 48

Leave a Reply